top of page
IMG-20190819-WA0005.jpg

TENNIS

Laerskool Villieria neem deel aan verskeie ligas in die 3de kwartaal. Ons aantal spanne wissel van jaar tot jaar, afhangende van hoeveel spelers beskikbaar is vir die betrokke jaar. Ons tennisspanne en die afrigting van hulle word deur ’n professionele afrigtingsakademie behartig.

 

AFRIGTERS

Cornelia du Plooy: 082 496 9878

Adriaan le Roux: 082 466 3008

 

Die Liga waarin ons skool elke betrokke jaar deelneem, word ook op prestasie-gedrewe basis besluit.

 

Laerskool Villieria beskik oor 2 tennisbane, maar ons maak ook gebruik van die Villieria tennisklub se fasiliteite wanneer daar tuiswedstryde gespeel word.

 

Oefentye:

 

Spanoefening vind plaas op Vrydagoggende vanaf 6:30 – 7:30. Dit word in hierdie tydslot gedoen sodat dit met geen ander sportsoort se oefentye bots nie. Privaat afrigting word aangemoedig en kan met die skool se afrigter gereël word of eie private afrigter waar spelers reeds is.

 

Rondomtalies word gehou om alle leerders die geleentheid te gee om teen maats van dieselfde portuur deel te neem. Leerders speel beste uit 4 spelle om ʼn punt te kry en so word punte versamel om rangorde te bepaal.

 

Ligawedstryde: Beskikbaar op D6

 

Organiseerder: Mnr. G. Joubert

E-posadres: villiesskool@icon.co.za

Kontaknr.: 012 331 1100

bottom of page