top of page
DSC_0024.JPG

SKAAK

SKAAK

Redes waarom skaak belangrik geag moet word:

  • Dit is goeie ontspanning en help ‘n kind om te vergeet van stres en probleme.

  • Skaak het ewigheidswaarde. Dis nie net vir kinders nie maar ook vir volwassenes.

  • Dit stimuleer breinfunksies. Regterbrein (kreatiewe denke) en linkerbrein (logiese denke).

  • Dit stel ‘n kind bloot om emosies te leer hanteer, dus selfbeheersing.

  • Dit verbeter vaardighede soos konsentrasie, denkstrategieë en sosiale omgang.

  • Strategiebeplanning help met probleem-analise, opbreek van ‘n probleem, fokus op die belangrike en laastens die oplossing.

 

Me. S Nel

E-pos: nelsandra100@gmail.com

 

Skaakouderdomsgroepe:

Graad 2 en 3 – 0/9 Me. S Nel en Me. A Wessels

Graad 4 en 5 – 0/11 Me. A van den Heever

Graad 6 en 7 – 0/13 Me. A van den Heever

          Skaakborde en stukke word verskaf.

 

Eerste kwartaal

Skaakaand vir entoesiaste na atletiekseisoen. Almal wat belangstel in skaak.

Skaakoefeninge op Maandae en Woensdae middae vanaf 13:30 tot ongeveer 15:00.

 

Tweede kwartaal

Skaakligas met drie ouderdomspanne wat bestaan uit ses spelers met ‘n reserwe. Maandae en Woensdae middae vanaf 13:30 tot omtrent 15:00.

Een Saterdag waarop uitspeelwedstryde gespeel word.

 

Derde kwartaal

Skaakontwikkeling op Maandae middae vanaf 13:30 tot 14:30.

Organiseerder: Me. S Nel

E-pos: nelsandra100@gmail.com

Kontaknr.:  012-331 1100

bottom of page