SAGTEBAL

By Laerskool Villieria is Sagtebal ʼn opwindende sportsoort wat deur verskillende skole beoefen word. Sagtebal geniet baie aandag van ʼn toegewyde groep afrigters. Ons afrigters is gekwalifiseerd en afrigtingsvaardighede word gereeld opgeknap met bywoning van die nodige kursusse en toere/klinieke.
Daar is 4 sagtebalspanne: o/10A (gr. 4), o/11A (gr. 5), o/12A (gr. 6 ) en
o/13A (gr. 7).
Die skool beskik oor 2 velde waarop oefening en wedstryde plaasvind.
Oefentye: Dinsdae 0/10 tot 0/13 vind plaas vanaf 14:00-15:30.
Maandae: Alternatiewe Maandae met
2 ouderdomsgroepe vanaf 14:00 -15:00
Wedstryde vind gedurende die 3de kwartaal plaas. Die wedstrydprogram word jaarliks aan die leerlinge uitgedeel sodra bepalings bekend gemaak is en die program word dan ook weekliks gestuur.
Sportklere
Al 4 die spanne dra ʼn Villies sagtebal-golfhemp, wit kuitbroek en bottelgroen kniekouse met tekkies.
Organiseerder: Me M Marais
E-posadres: villiesskool@icon.co.za
Kontaknr.: 012 331 1100
PRESTASIES 2024
-
Ligawenners: o/10 en o/12 spanne
-
Tshwane A-Liga wenners: o/10 en 0/12 dogters
-
Tshwane 4de plek: o/13 dogters
-
Beste algehele kolwer A-Liga: o/10 Cherise Meadows-Erasmus
-
o/11 Mekayla Fourie
-
o/12 Mieke Storm
-
Tshwane “White sox”-span: Zene Jones
-
Mieke Storm
-
Amore Louw
-
Tshwane “Red sox”-span: Nicole Schoeman
-
MVP in die o/13 B-Liga Mieke Storm
PERSONEEL PRESTASIES
Me M Marais
-
Gauteng o/17 dogters (Desember): 2024 Wen Goud (Afrigter)
-
Seniorspan Gordon Monk (Januarie) Wen goud (Afrigter)
-
Seniorspan Gauteng (Maart) Wen goud (Spanbestuurder)
-
Tshwane o/19 dogters (Desember) Wen goud (Afrigter)
Me A Swart
-
Seniorspan Gordon Monk (Januarie) Wen B-Liga goud (Spanbestuurder)
-
Tshwane o/13 Seuns (Desember) Afrigter

T-BALL
MINI-SAGTEBAL “T-BALL”
Mini-sagtebal is ʼn goeie geleentheid vir die dogters om blootgestel te word aan balvaardighede met die oog op sagtebal wat van 0/10 gespeel kan word. Dit verbeter hand- en oogkoördinasie en help met holistiese ontwikkeling.
Daar is 2 groepe: Gr. 2- en Gr. 3-dogters.
Oefentye: 13:45 tot 15:00 op die grasperk in die skoolterrein in 30ste laan.
Vriendskaplike wedstryde vind elke 2de Saterdag in die 3de kwartaal plaas vir die Gr 3-dogters. Die dogters ontvang die bepalings sodra dit bekend gemaak is en in die week ñ program vir die betrokke Saterdag.
Die dogters speel met Villiesklere, bottelgroen kniekouse en tekkies.
Koördineerder: Me M Marais
Organiseerder: Me C Champion
E-posadres: villiesskool@icon.co.za
Kontaknr.: 012 331 1100